Agribank dagvaar grootkop vir N$5,7mJuly 8, 2025
Johannes Ndeutepo, die uitvoerende hoof van Nammic, die beleggingsmaatskappy van die Mynwerkers-unie en voormalige Omuthiya raadslid wat twee weke gelede afgedank is omdat hy in Windhoek woon, word deur Agribank gedagvaar. Die bank eis 5,7 miljoen Namibiese dollar by hom en wil beslag lê op plaas Oorblut in die Oshikoto-streek wat net meer as 3 600 hektaar beslaan. Die bank sê Ndeutepo het in Junie 2017 die lening aangegaan om 420 bees te koop. Dit is in 2019 en in 2021 geherstruktureer omdat hy nie betalings kon eerbiedig nie. Ndeutepo verdedig en die saak kom vandag voor regter Shafimana Ueitele voor.