Twee brande woed om Windhoek July 5, 2025
Die Windhoekse brandweer bestry tans twee groot brande wat naby die hoofstad woed – een by die Daan Viljoen-oord en die ander by Ongos Valley. Die brandweer-spanne het reeds brandstroke gemaak om te keer dat die brande na huise en nabygeleë lodges versprei. Volgens die brandweer is dit in die stadium onbekend of enige eiendom beskadig is.