Rugby: Vier nuwelinge in All Blacks-span July 5, 2025

Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, het vier nuwelinge aangewys in sy groep van 23 spelers wat Frankryk in die eerste van drie toetse sal pak. Die slot Fabian Holland en die agsteman Christian Lio-Willie is in die opdrafspan vir vandag se wedstryd in Dunedin. Die stut Ollie Norris en die flank Du’Plessis Kirifi, wat na die voormalige Springbokkaptein Morné du Plessis vernoem is, sal hulle buiging van die bank af maak. Tamaiti Williams, Tyrel Lomax en Luke Jacobson is weens beserings nie oorweeg nie.