Rugby: Junior Bokke klop Engeland July 5, 2025
Die Junior Springbokke het ‘n vroeë agterstand van 14 punte ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning teen die verdedigende kampioen Engeland te behaal by die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Rovigo. Suid-Afrika is na gisteraand se oorwinning van 32-22 nou eerste in Groep A met 10 punte. Engeland is tweede met vyf punte, met Australië derde, nadat hulle Skotland vroeër die dag met 34-24 geklop het. Die laaste ronde groepwedstryde vind Woensdag plaas, met die Junior Bokke teen Skotland en Engeland teen Australië.