Rugby: Agt nuwelinge in Frankryk se span teen All Blacks July 5, 2025
Frankryk se afrigter, Fabian Galthie, het agt nuwelinge in sy span ingesluit vir vandag se eerste toets teen die All Blacks in Dunedin. Hulle sluit in die Bloemfonteinsgebore heelagter Jacobus van Tonder, die vleuel Tom Spring, die losskakel Joris Seconds en die stut Giorgi Beria. Die ervare senter Gael Fickou sal Frankryk in sy 95ste toets aanvoer, terwyl die veteraanstut Rabah Slimani die eerste keer sedert Oktober 2019 na toetsrugby terugkeer. Die tweede toets vind volgende Saterdag in Wellington plaas en die laaste een die 19de in Hamilton.