NHE beloof 2 000 huise binne ‘n jaar July 5, 2025

Die Nasionale Behuisingsonderneming, die NHE, beplan om sowat 2 000 lae-inkomste behuisingseenhede teen April volgende jaar te voltooi. Die voorsitter van die NHE, Toska Sem, het Vrydag gesê hulle het reeds sowat 2 500 erwe vir dié doel bekom. Volgens Sem sal die maandelikse paaiemente vir dié huise wissel van 1 200 Namibiese dollar vir ‘n drie-slaapkamerhuis tot 400 dollar vir ‘n woning met een slaapkamer.