Hamas positief oor skietstilstandJuly 5, 2025
Hamas het positief reageer op ‘n voorstel vir ‘n skietstilstand in die oorlog met Israel en is gereed om onderhandelinge in dié verband te begin, sê die beweging. Hamas se verklaring volg voor die besoek van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Maandag aan Washington, met president Donald Trump wat druk uitoefen vir ‘n einde aan die oorlog. Trump het Vrydag gesê ‘n skietstilstandooreenkoms is dalk reeds volgende week moontlik.