Arbeid, Sinomine praat oor Tsumeb-afleggings July 5, 2025
Arbeidsminister Wise Immanuel sal Maandag met die Chinese groep Sinomine Resources beraadslag oor vrywillige afleggings by die Tsumeb-smelter. Immanuel het ‘n stokkie gesteek voor Sinomine se planne om 650 werkers vrywillig af te lê. Die groep verkeer onder druk weens onder meer groter smeltkapasiteit in koperproduserende lande. Ná hul samesmelting met Dundee Precious Metals verlede jaar, het Sinomine die Namibiese Mededingingskommissie verseker dat geen afleggings in die volgende drie jaar gedoen wou word nie.