Saak teen Hengari gaan voortJuly 4, 2025
Die aansoek dat aanklagte teen oud-landbouminister Mac Hengari en sy 30-jarige medebeskuldigde, Simon Hanga, uitgegooi word, is van die hand gewys. Landdros Monica Enjaba het in die Windhoek landdroshof gesê om die aanklagte te laat vaar weens die afwesigheid van ‘n formele aanklag van verkragting, sou voortydig en skadelik vir geregtigheid wees. Die paartjie staan tereg op aanklagte van onder andere regsverydeling, omkopery, aanhitsing en die oortreding van die Teenkorrupsie-kommmisise-wet. Hengari wou glo 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek. Hanga is die vrou se broer.