Namibië kan nie eenparig besluit om VSA-hoender in te voer nieJuly 4, 2025

Die Landbou-handelsforum het sy kommer uitgespreek oor die aankondiging van die Amerikaanse landboudepartement dat pluimvee-produkte na Namibië uitgevoer kan word. Die forum wil weet of enige rolspelers besprekings met die Amerikaners gehou het omdat die aankondiging as ‘n verrassing kom. Dit kan wees dat die VSA net goedkeuring daarvoor gegee het. Die forum sê as lid van SACU kan daar geen eensydige handelsooreenkomste met derde partye gesluit word nie – dit moet as ‘n blok gedoen word. Hy voeg by dat sou die inisiatief verder gaan as net die kwessie van voedselveiligheid en dieregesondheid, sal dit die SACU-ooreenkoms skend, aangesien daar tans geen vryhandelsooreenkoms tussen SACU en die VSA bestaan nie. Trouens, daar is baie hoë tariewe op invoere uit die VSA en boonop is daar ook teen-stortingregte in plek wat betaal moet word op die invoer van pluimvee uit die VSA na SACU-lande.