Modi se besoek kan groot voordele inhouJuly 4, 2025
Reaksie word ontvang op die besoek volgende week deur die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gepraat. Hy meen Namibië kan oor belangrike aspekte by die land leer.
Hy sê verder dat Namibië bilaterale betrekkinge moet prioritiseer, wat dikwels oor die hoof gesien word te midde van breër globale agendas.