Hengari-uitspraak vandag verwag July 4, 2025

Landdros Monica Andjaba sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die aansoek deur Patrick Kauta, regsman vir oudlandbouminister Mac Hengari, dat die klagtes teen sy kliënt van die hand gewys word. Die staat staan die aansoek teen en voer aan dat die ondersoek nog aan die gang is en dus kan geen stappe geneem word nie. Kauta sê op sy beurt dit is ongehoord om Hengari te arresteer en in aanhouding te hou alleenlik gebaseer op die staat se weergawe van die gebeure. Hengari is sedert 26 April agter tralies op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek.