Ekonomie moet aan die gang komJuly 4, 2025

Cirrus in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen oor die afwaarste aanpassing van Namibië na die laer middelinkomste kategorie deur die Wêreldbank. Die land se brutto nasionale inkomste het in 2002 skerp begin styg en rondom 2005 die boonste middelinkomste gebied bereik. Dit het steeds gestyg maar teen 2014 begin daal en uiteindelik rondom 2020 so ver gedaal om weer die laer middelinkomste gebied te bereik. Cirrus sê na ‘n dekade van ekonomiese stagnasie is die land in sy regmatige inkomstekategorie. Aanwysers dui reeds land na hierdie werklikheid: ‘n breë werkloosheidsyfer van 55 persent, jeugwerkloosheid van 61 persent, en slegs 115 000 mense, 3,8 persent, wat tot die belastingbasis bydra.