Big, beautiful bill is deurJuly 4, 2025

Die Amerikaanse kongres het Donald Trump se “big, beautiful bill” met 218 stemme daarvoor en 214 stemme daarteen goedgekeur. Op die ou end het net twee Republikeine teen die wetsontwerp gestem, saam met al die Demokrate. Die finale stemming is vertraag toe die Demokratiese minderheidsleier Hakeem Jeffries ‘n rekord gebreek het deur langer as agt uur op die vloer te praat. Die Withuis sê Trump sal die wetsontwerp môre tydens ‘n seremonie onderteken. Die BBC se VSA-korrespondent, Anthony Zurcher, lewer kommentaar.