Aanlynveiling van Wimbledon goedereJuly 4, 2025

Die hemp wat die voormalige wêreld-nommer-een, Andy Murray, gedra het toe hy Wimbledon 12-jaar gelede gewen het, word aanlyn opgeveil. Murray het die eerste plaaslike manskampioen in 77-jaar geword toe hy Novak Djokovic van Serwië in 2013 se eindstryd geklop het. Daar word verwag dat die hemp tot 190 000 Namibiese dollar kan haal. Die net wat in 2010 se wedstryd tussen die Amerikaner John Isner en die Fransman Nicolas Mahut gebruik is, word ook opgeveil. Die wedstryd van 11-uur-vyf minute is die langste in die geskiedenis van beroepstennis.