Wat smous Donald Trump nog aan die wêreld? Van Bybels, selfone, horlosies tot skoeneJuly 3, 2025
Donald Trump, wat onlangs vir ‘n tweede termyn as Amerikaanse president verkies is, het sy handelsmerk-handelsware tot nuwe hoogtes gevoer. In 2024 alleen het hy sowat US$600 miljoen verdien deur verskeie produkte met sy naam en beeld te bemark – van tekkies tot parfuum, kripto en selfs Bybels.
Truth Social, sy sosiale media-platform, bly sentraal tot sy bemarkingsmasjien. Trump gebruik dit vir amptelike aankondigings én produkpromosies. Sy belang in die maatskappy word op sowat US$2 miljard geskat. Trump se memecoin, $TRUMP, is in 2025 bekendgestel. Volgens Chainalysis het hy en sy familie reeds meer as US$350 miljoen hiermee verdien. Die grootste aandeelhouers is selfs genooi na ‘n eksklusiewe ete. Trump Mobile, ’n selfoondiens-onderneming, bied fone en planne met simboliek soos “US$47.45” aan. Hul T1-fone kos US$499.
Hy verdien ook miljoene uit boeke, soos Save America, wat US$3 miljoen in tantième gelewer het. Sy vroeëre werk, The Art of the Deal, bring nou minder in. Trump-skoene en -parfuum, verkoop deur CIC Ventures, sluit duur items in wat tot US$499 kos. Bottels “Victory 47”-parfuum kos US$249 elk. In totaal het hierdie produkte US$2,5 miljoen aan inkomste gelewer. Sy Trump-Bybel, wat US$59,99 kos, bevat patriotiese insluitsels soos die Grondwet en ‘n lied deur Lee Greenwood. Trump het meer as US$1,3 miljoen uit Bybelverkope verdien.
Trump-kitare, met pryse tot US$11 500, en horlosies, soos die US$100 000 “Victory Tourbillon”, dra ook by tot sy handelsryk. Die horlosielyn het in 2024 alleen US$2,8 miljoen gegenereer.
Trump bewys dat hy nie net politiek speel nie, hy blyk ook om ‘n smousmeester te wees en weet hoe om wins uit sy eie beeld maak.




