Uis sal binnekort weer as dorpsraad verklaar wordJuly 3, 2025

Dit wil voorkom asof Uis ‘n herlewing ervaar en sal, volgens die Erongo-streeksraad as dorpsraad verklaar word. Die aankondiging kom net voor die Uis Beleggerskonferensie wat môre plaasvind. Voorleggings vir die opgradering van die nedersetting se status is reeds by die lynministerie, stedelike ontwikkeling ingedien. Uis is in 2010 afgegradeer na ‘n nedersetting na hy nie sy adminstratiewe of finansiële verpligtinge kon nakom nie.