Soil of Africa soek 75 000 mense se ID’sJuly 3, 2025
Die burgerlike beweging Soil of Africa het vandag na die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria opgeruk om oplossings en verantwoordbaarheid te eis. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle hou die optog sodat die geblokkeerde identiteitsdokumente van 75 000 mense wat sedert 2017 sonder ID’s in Suid-Afrika woon, uitgereik kan word. Hy sê die stap het gesinne geknak en van basiese regte en dienste ontsê: