Pluimveebedryf het kommer oor VSA-invoereJuly 3, 2025

Vanaf 1 Julie kan Amerikaanse uitvoerders vars, bevrore of verkoelde pluimvee na Namibië verskeep, wat ‘n mark ter waarde van 15 miljoen Amerikaanse dollar oopmaak. Intussen het Namibië se pluimveebedryf in 2024 tot 1,74 miljard Namibiese dollar gegroei – ‘n styging van 13,47% – wat dit die tweede grootste landboubydraer na bees maak. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Louis Kleynhans, die Pluimvee Produsente Vereniging se voorsitter, wat sy kommer uitspreek.