Opskorting van wapenbesendings sal Rusland aanspoorJuly 3, 2025
Kiëf waarsku ʼn onderbreking in Amerikaanse wapenbesendings sal Rusland aanmoedig om die oorlog in Oekraïne wat al vier jaar duur, te verleng. Die Withuis het vroeër gesê hy het sommige wapenbesendings na Oekraïne gestaak. ʼn Withuis-woordvoerder, Anna Kelly, sê daar is besluit om Amerikaanse belange eerste te stel ná die Verdedigingsdepartement se hersiening van Amerikaanse militêre ondersteuning aan ander lande. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky, sê die twee lande bespreek nou besonderhede oor voorrade. Die ministerie van Buitelandse Sake sê Kiëf moet sy lugafweer-afdeling versterk.