Navo-hoof kap Russiese buitelandse sake-ministerJuly 3, 2025

Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê in ‘n onderhoud met Fox News dat die verhoogde Navo-besteding ‘n groot oorwinning vir Donald Trump is en voeg by Navo-uitbreiding is noodsaaklik weens die Russiese bedreiging. Hy sê ook daar moet nie te veel aandag aan Rusland se minister van buitelandse sake Sergey Lavrov geskenk word nie.