Mpumalanga het plan teen boubedryf-mafia, DA juigJuly 3, 2025

Die DA in Mpumalanga sê hy ondersteun die ingrypingstrategieë teen die boubedryf-mafia in die provinsie. Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het aangekondig ‘n nasionale beraad sal byeengeroep word om hierdie misdadige sindikate uit te roei. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê bouprojekte wat vertraag is, het ‘n las geword vir belastingbetalers en word waarskynlik as ‘n kontantkoei vir ANC-kamerade gebruik: