Maasdorp pleit onskuldig op Delia-moordJuly 3, 2025
Wentzel Maasdorp het onskuldig gepleit in die moord van sy meisie , die 40-jarige Delia Weimers-Maasdorp. Die 40-jarige Maasdorp het die staat gedaag om hulle saak teen hom te bewys. Hy sê hy het niks met Delia se dood te doen gehad nie. Die saak spruit uit haar moord in April verlede jaar. Sy is toegedraai in ‘n kombers en dood in haar Klein Windhoek woonstel aangetref. Owerhede het lank na haar BMW gesoek waarin hy gevlug het. Hy is op Rundu op 30 April gearresteer. Hy het ook aan landdros Monica Andjaba gesê hy sal geen pleitverduideliking gee nie. Sy het die saak tot 30 Oktober uitgestel vir ‘n besluit oor of die saak voort sal gaan op die beskikbare bewyse.