Liverpool se Jota sterf in motorongelukJuly 3, 2025

Liverpool-voorspeler Diogo Jota is op 28-jarige ouderdom in ‘n motorongeluk dood. Sy broer Andre Silva is ook oorlede in die gru-ongeluk wat in die Spaanse provinsie Zamora plaasgevind het. Hy was 26 en ook ‘n professionele sokkerspeler. Dit ongeluk het omstreeks drieuur vanoggend plaasgevind met owerhede wat sê dat hul motor, ‘n Lamborghini, die pad verlaat het weens ‘n band wat gebars het terwyl hulle ‘n ander voertuig verbygesteek het en toe aan die brand geslaan het. Jota het Liverpool verlede seisoen gehelp om die Premierliga-titel te wen en het ook vir Portugal gespeel toe hulle Spanje in die eindstryd van die Nasiesliga in Junie geklop het.