Gratis kankerondersoeke Saterdag op Rosh Pinah July 3, 2025

Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag ‘n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.