Britse en Ierse Leeus verslaan Red met 52-12July 3, 2025
Die Britse en Ierse Leeus het nog ‘n oortuigende oorwinning in Australië behaal. Die Reds kon na ‘n dapper begin nie die pas volhou in Brisbane nie. Die besoekers het met 52-12 gewen na agt drieë, teenoor die Reds se twee. Onder die driedrukkers was die vleuel Duhan van der Merwe, die Skotse senter Huw Jones, en die speler van die wedstryd en Wallis se kaptein, Jac Morgan. Die Leeus speel Saterdag in Sydney teen die Waratahs.