Besluit oor dagga aansoek op 12 AugustusJuly 3, 2025

Uitspraak in die grondwetlike uitdaging oor Namibië se daggaverbod word op 12 Augustus verwag. Dit kom na ‘n vol bank regters, Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan die aansoek deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, leiers van Ganja Users of Namibia, Woensdag aangehoor is. Die saak poog om die verbod op daggagebruik deur volwassenes ongrondwetlik te laat verklaar. Die staat meen die kwessie is in werklikheid ‘n beleidskwessie en nie ‘n grondwetlike kwessie nie.