Zürich-Windhoek vlugte sal verskeie sektore bevoordeelJuly 2, 2025
Switserland se Edelweiss-lugredery sal vanaf 1 Junie 2026 seisoenale vlugte na Namibië loods, en twee keer per week direkte verbindings tussen Zürich en Windhoek aanbied met die moderne Airbus A350. Dit sal Europese toeriste nader bring aan safari-avonture, woestynduine en die land se helder sterrehemel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die Namibiese Lughawensmaatskappy se woordvoerder.