Idaho-skieter was 20, wou brandweerman wordJuly 1, 2025
Die Idaho-polisie sê die skieter van twee brandbestryders in Coeur d’Alene is die 20-jarige Wess Roley. ‘n Derde brandweerman is in die hospitaal in die intensiewe sorgeenheid. Sheriff Bob Norris sê Roley, wat selfmoord op die toneel gepleeg het, wou graag ‘n brandweerman word maar dit is onbekend of dit die oorsaak is van die skietery. Wat duidelik is, is dat dit ‘n lokval was.