Namibië Ope Jukskeikampioenskap skop afJune 30, 2025

Die Namibië Ope Jukskeikampioenskap het vandag in Swakopund begin en duur tot Donderdag. Altesaam 160 spelers is betrokke, wat insluit 11 spanne van Suid-Afrika asook die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se seuns- en meisiespanne. Ná die Namibiese kampioenskap sal die Namibiese en Suid-Afrikaanse toetspanne aangekondig word. Die internasionale toetswedstryde sal Vrydag vanaf 9-uur gespeel word. Namibië Jukskei nooi die publiek uit om die spoggeleentheid by te woon. Al die wedstryde sal by Jukskeipark gespeel word, op die hoek van Strand- en Scultelusstraat.