Man vas vir lewendige ietermagôJune 30, 2025

‘n Man is Saterdag op ‘n plaas in die Otjiwarongo-distrik in hegtenis geneem toe die polisie tydens ‘n soektog na bewering ‘n lewendige ietermagô sonder ‘n permit in sy besit gevind het. Die waarde van die dier is 50 000 Namibiese dollar. Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo.