Jy kan in Augustus nog registreer vir verkiesing June 30, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië het sy verkiesingskalender en Raak Betrokke-veldtog bekend gestel vir die plaaslike en streekraadverkiesings op 26 November. Aanvullende kiesersregistrasie vind plaas van 1 tot 14 Augustus vir nuwe kiesers en adresveranderings. Die verkiesingsuitslae word op 30 November verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die Verkiesingskommissie se woordvoerder, wat beklemtoon dat dit belangrik is om te gaan stem.