Jan Taks soek jou opgawe vandag, nie môreJune 30, 2025

Die Namibiese Inkomste-owerheid, NamRA, hou vol dat vandag, 30 Junie, die amptelike sperdatum vir die inhandiging van persoonlike belastingopgawes is. NamRA-woordvoerder Tonateni Shidhudhu sê die datum is wetlik vasgestel en het deurgaans die sluiting van die belastingopgawesperiode gemerk. In reaksie op ‘n groter vraag na inligting en hulp, het die owerheid mobiele dienspunte uitgebrei in stede, dorpe en winkelsentrums. Shidhudhu voeg by hulle neem kennis van openbare oproepe om die sperdatum te verleng. Daar is tans geen verlenging toegestaan nie, maar as dit verander, sal Namra dit amptelik en onmiddellik kommunikeer.