Grenssluiting pas by rypskade aanJune 30, 2025

Die groente-oes vir Julie is geraak deur uitgebreide ryp wat vandeesmaand voorgekom het en dus het die Namibiese Akkerbouraad sy grenssluitings vir Julie aangepas. Volgens die kennisgewing sal die grens slegs vir invoere van ses gewasse gesluit wees. Dit sluit in botterskorsies, kool, uie, pampoene, patats en spinasie. Intussen sal beet, wortels, skorsies, gewaste aartappels, waatlemoene, spanspekke en suikermielies op die 47 persent markaandeelbevordering toegelaat word. Pro-rata-invoere sluit tamaties, soetrissies, en blaarslaai in.