Azhar Mahmood tussentydse afrigter van Pakistan-toetsspanJune 30, 2025
Krieket: Pakistan het die voormalige veelsydige speler, Azhar Mahmood, aangewys as tussentydse hoofafrigter van die toetsspan. Die 50-jarige is die vierde man om die pos in die laaste 18-maande in te neem en sal tot Januarie aanbly. Mahmood het as ‘n snelbouler en veelsydige speler 143 eendagwedstryde en 21 toetse vir Pakistan gespeel en is sedert verlede jaar hulp-afrigter. Hy vervang Aaqib Javed, wat tussentydse afrigter was vir die toetsreeks in Suid-Afrika in Desember en Januarie en tuis teen die Wes-Indiese Eilande.