Jeff Bezos-glanstroue lok superrykes June 28, 2025
Amazon-stigter Jeff Bezos en joernalis Lauren Sanchez, wat Vrydag die knoop in Venesië deurgehaak het, maak gereed vir die laaste skof van hul driedaagse huweliksvieringe van bykans 50 miljoen Amerikaanse dollar. Dit bereik vanaand ‘n hoogtepunt met ‘n konsert waar Lady Gaga en Elton John na verwagting sal optree. Bill Gates, Leonardo DiCaprio, Oprah Winfrey, asook Ivanka Trump en Jared Kushner is onder die sowat 250 gaste.