Golwe van tot ses meter aan SA kus verwag June 28, 2025

Die Nasionale Seereddingsinstituut vra kusgemeenskappe en seevaarders om versigtig te wees te midde van rowwe seetoestande en sterk wind wat die suide van die Wes-Kaap die naweek gaan tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen golwe van tot ses meter en gevaarlike toestande wat na die Suid-Kaap en Ooskus sal versprei. Die instituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê verskeie reddingsoperasies is hierdie week uitgevoer maar geen ernstige beserings is tot dusver aangemeld nie.