Omaheke se boeke is ‘n gemorsJune 27, 2025
Die ouditeur-generaal se kantoor is onbeïndruk met die Omaheke-streeksraad se boekhouding. In die jongste ouditverslag, vir die 2021-22 boekjaar sê Junias Kandjeke dormante bankrekenings, onbekende finansiële state, ontbrekende verkrygingsdokumente en ‘n onbetroubare waardasierol sowel as vermiste ondersteunende dokument deel vorm van die raad se bestuur. Besteding in 2021 het die raad se begroting met 85 persent in 2021 oorskry en met 62 persent in 2022. Die raad het ‘n nadelige ouditopinie ontvang.