WHS wil respondente in sy hofsaak byvoeg June 26, 2025
Die hofsaak van WHS se skoolraad rakende die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof sal waarskynlik vanoggend deur regter Thomas Masuku tot 23 Julie uitgestel word. Die raad wil respondente byvoeg en moet ‘n interlokusaansoek daarvoor bring. Die raad wil die eerste minister, die voorsitters van die onderwysdiensraad en die onderwysraad, saam met verskeie onderwysers byvoeg. Die onderwysministerie verdedig maar het nog nie stukke ingedien nie.