Skoolsluiting, ministerie se stilte bekommer Lüderitz-burgemeesterJune 26, 2025
Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, spreek in ‘n brief kommer uit oor die sluiting van die Bedrock Montessori-skool in die dorp deur die onderwysministerie. Hy sê talle pogings om adjunk-lynminister Dino Balotti en die ministerie te kontak is met stilte begroet, en die gebrek aan terugvoer is onrusbarend. Dit is veral omdat eksamens om die draai is en die leerders nie maklik nuwe skoolplasings sal kry nie. Aangesien Lüderitz daarna streef om sakepersone en hul gesinne te lok, is dit noodsaaklik dat nie net gehalte-onderwys aangebied word nie, maar ook noodsaaklike maatskaplike dienste. Balhao sê die skool probeer al etlike jare om die nodige goedkeurings te kry, sonder sukses. Hy doen ‘n beroep op die ministerie om die besluit te heroorweeg en met belangehebbendes te skakel om ‘n oplossing te kry wat die opvoedkundige welstand van die leerlinge prioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus sal opvolg en terugvoer gee.