Putin sal Rio se Brics-beraad via videoskakel bywoonJune 26, 2025

Die president van Rusland, Vladimir Putin sal nie volgende maand se Brics-beraad in Brasilië bywoon nie aangesien daar ‘n arrestasiebevel deur die Internasionale Strafhof teen hom uitstaande is. Die Strafhof in Den Haag wil Putin arresteer vir die beweerde onwettige deportasie van Oekraïnse kinders nadat sy troepe die land in 2022 binnegeval het. ‘n Kremlin-adviseur Yuri Ushakov het aan joernaliste gesê Putin gaan via ’n videoskakel aan die Brics-staatsberaad van 6 tot 7 Julie in Rio de Janeiro deelneem.