Minder belasting goed vir beleggings, maar meer kan gedoen wordJune 26, 2025

Beleggings in Namibië het spesiale aandag gekry by die onlangse VSA-Afrika Sakeberaad in Luanda. President Netumbo Nandi Ndaitwah het by ‘n sessie met die titel “Belê in Namibië”, die vermindering in korporatiewe belasting aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Danny Meyer van SME Compete wat sê dis ‘n goeie strategie, maar moet met ander aansporings gekombineer word vir groter sukses.