Groei sal vanjaar verlangsaamJune 26, 2025
Inkrimpings in besettingsyfers, veebemarking en vragvervoer is in die eerste kwartaal van die jaar aangemeld. In ‘n makro-ekonomiese ontleding deur PSG Wealth dui dit daarop dat die ekonomie matige jaar-op-jaar groei van ongeveer 3,5 persent in die eerste kwartaal van 2025 aangeteken het, laer as die 5,1 persent in 2024. Die makelaarsfirma sê hy verwag dat reële BBP-groei tot 3 persent in 2025 sal verlangsaam. Die Namibiese Statistieke-agentskap is geskeduleer om die reële BBP-syfers vir die eerste kwartaal van 2025 vandag te publiseer.