GIPF-fondse kan gebruik word vir eiendomJune 26, 2025

Die finansministerie saam met Namfisa en die Regeringsinstellings Pensioenfonds  het die pensioengesteunde huislening-skema geskep. Ingevolge die skema sal lede van pensioenfonds ‘n gedeelte van hul opgehoopte pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings kan gebruik. Dit kan benut word om grond te koop, ‘n eiendom op te knap of ‘n eiendomslening af te los. Die regering is besig om administratiewe reëlings met fonds en die betaalstelsels te finaliseer om  implementering te verseker. Finansminister Ericah Shafuda het die aankondiging in die parlement gemaak.