Afvaardiging Afrikaner-leiers beraadslaag met Withuis-amptenareJune 26, 2025

‘n Senior afvaardiging van Afrikaner-leiers het ʼn hoëvlak-vergadering met senior amptenare van die Withuis in Washington gehou. Die afvaardiging het bestaan uit die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, die uitvoerende raadsvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Theo de Jager, en die uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, Gerhard Papenfus. Die amptenare het die voorvereistes vir die normalisering van bilaterale betrekkinge uiteengesit. Dit sluit in dat plaasaanvalle tot voorkeur-misdaad verklaar word en dat geen onteiening sal plaasvind sonder vergoeding teen markwaarde nie.