Trump hou voet by stuk Iran se kernprogram is uitgewisJune 25, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iran sal nie weer sy kernprogram kan herbou na Amerika se aanvalle op sy belangrikste kerninstellings die naweek nie. ‘n Broos skietstilstand tussen Israel en Iran het gisteroggend in werking getree. Beide kante het mekaar egter beskuldig dat hulle die ooreenkoms oortree het. Trump het aan verslaggewers gesê Iran se kernvermoë is weg: