Pentagon-intelligensie dui dat Iran se kernprogram nie uitgewis is nieJune 25, 2025
‘n Vroeë Amerikaanse intelligensie-assessering dui aan dat die Amerikaanse bomaanvalle op drie van Iran se kernfasiliteite nie die kernkomponente van Teheran se kernprogram vernietig het nie en dit waarskynlik slegs met maande vertraag het, berig CNN. Die nuusdiens het drie mense aangehaal wat oor die saak ingelig is sonder om hulle te identifiseer. Die assessering is uitgevoer deur die Verdediging Intelligensie-agentskap, die Pentagon se intelligensie-vertakking. Twee van die bronne sê Iran se voorraad verrykte uraan is nie vernietig nie, en die derde sê die sentrifuges is grootliks “ongeskonde”. CNN het die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, aangehaal dat sy sê “die beweerde assessering is pront-uit verkeerd”.