Navorsing toon 22 Etosha-leeus per jaar, sedert 1980, buite park geskietJune 25, 2025
Die jongste navorsing toon dat sedert 1980 is 22 Etosha-leeus jaarliks buite die nasionale park doodgeskiet met 70 persent van die diere wat op kommersiële plase geskiet is. Navorser Dipanjan Naha van die Amerikaanse Georgia-universiteit sê die redes hiervoor is veelvuldig, en sluit in omgewingsfaktore, klimaat en kultuur. Die hoogste voorkoms van die konflik kom in die droë seisoen tussen Mei en Augustus voor met minder waterbronne wat prooi-getalle verminder. Die Etosha-heining is natuurlik ook ‘n uitdaging.