Krieket SA stuur vroue-toer na NamibiëJune 25, 2025
Krieket Namibië, in samewerking met Krieket Suid-Afrika, het ‘n opwindende witbal-toer aangekondig tussen die KSA Ontluikende Vroue-akademiegroep en Namibië se Capricorn Eagles. Die wedstyde sal van 2 tot 12 Julie by die die hoëprestasie-ovaal in Windhoek gespeel word en bestaan uit vier T20-wedstryde en drie 50-boulbeurt-wedstryde. Die reeks vorm ‘n kritieke deel van die Eagles se voorbereiding vir die komende IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika Kwalifisering-toernooi, wat einde Augustus in Windhoek aangebied sal word.