Iran onttrek van VN se kernwaghondJune 25, 2025
Die Israelse Weermag sê dis nog te vroeg om die skade aan kernterreine in Iran te bepaal nadat ‘n wapenstilstand die konflik van 12 dae beëindig het. Militêre woordvoerder Effie Defrin sê hy glo Iran se kernprogram is ‘n beduidende hou toegedien en sal etlike jare neem om te herstel. Iranse wetgewers het intussen gestem om samewerking met die Verenigde Nasies se kernwaghond op te skort. Die speaker in die Parlement, Mohammad Bagher Ghalibaf, sê die Internasionale Atoomenergie-agentskap het sy internasionale geloofwaardigheid opgeveil.